|
|
|
Wat is SIPS se Visie vir sy studente?
SIPS se oogmerk is om sy studente vir die fotografiese en rolprent mark voor te berei. Oorbruggensvakke help die student verder met beroeps en studie keuses. Die blootstelling by Sips sal ‘n student help om sy voet in die deur te kry vir n professionele loopbaan.
Sips se hoofvakke en gewildste addisionele vakke wat aangebied word.
Sips is ‘n private instituut wat daarop toegespits is om sy studente voor te berei vir die arbeidsmark. Gee jou verbeelding vrye teuls en begin ‘n nuwe beroeps lewe saam met SIPS. Wanneer jou studiejaar voltooi is, sal jy ons verlaat met ‘n sips sertifikaat en ‘n volledige portefulje om jou professionele lewe mee af te skop . Ons studie inhoud bestaan uit 70% prakties en 30% teorie. Fotografie Die belangrikste van fotografie is om die boodskap duidelik oor te dra en met jou kamera te kommunikeer. Komposisie, beligting, blootstelling, reël van derdes, sluiterspoed, kleurteorie, digitale fotografie, bemarking, uitstallings en aanbieding van jou fotos en nog vele bruikbare tegnieke wat sal verseker dat jou fotos elke keer ‘n sukses is. Jy sal ook geleenthede kry om jou fotos self te ontwikkel in ons donkerkamer (waar jy met lig kan speel) of jou fotos in ons studio’s te skiet. Sips wil u help om n unieke styl op die beste moontlike manier uit te beeld. Behalwe vir die teorie wat jy agter die rug moet kry besoek ons nuuswaardige plekke op kort kennisgewing, kuier elke donderdag in die 2 de semester by die beste advertensie fotograwe in Kaapstad en word verder onder die vlerk geneem met Charl Best wat 26 jaar ondervinding in dokumentere, kommersiele, advertensie en wetenskaplike fotografie het. Hy leer nie net om binne n jaar n volwaardige fotograaf te word nie maar ook hoe om jou voet in die mark te kry, jou fotos verkoop te kry en sal jou voortdurend motiveer.
Fotografie (om met lig te teken) is ‘n opwindende, kreatiewe manier om jou gevoelens uit te beeld. Fotografie maak dit moontlik om jouself te vereenselwig met bekende mense of plekke. Wanneer jy na die bioskoop to gaan is dit eintlik fotografie. Foto’s speel ‘n belangrike rol in ons lewens; dit is moeilik om te glo dat fotografie nie bestaan het omtrent 2 dekades gelede nie. Alhoewel fotografie ‘n wonderlike uitdagende stokperdjie kan wees, kan dit ‘n nog beter suksesvolle en genotvolle professie wees. So as jy die passie en derteminasie het is hierdie kursus vir jou. Gedurende die eerste semester sal jy die tegniek om jou kamera ten volle te gebruik bemeester asook kleurteorie, komposisie, toerusting, digitaal, lense, filters en swart en wit donkerkamer (camera obscura) tegnieke asook die ontwikkeling van jou eie foto’s. Jy sal ook leer van die interessante geskiedenis van fotografie, soos in 1835 het Louis Jacques Mande Daguerre die kuns van Fotografie ontdek en deur verder te eksperimenteer het hy ‘n metode gevind om ‘n beeld op ‘n koperplaat vas te vang met gewone sout. Gedurende hierdie periode sal die student praktiese fotosessies met professionele modelle neem deur stil lewe, fotosessies op hangklip se duine en verskeie landskappe. Die studente sal die geleentheid hę om tydens ‘n groepuitstalling hulle werk uit te stal wat hulle in hierdie periode geneem het – dit geskied gewoonlik in Junie elke jaar. In die verlede het ons interessante onderwerpe gehad bv: Kiddiescapes, Windescapes, Abstractscapes, Facescapes en Stellenboschscapes. In 2002 het die studente deelgeneem aan ‘n multi media produksie by die KKNK vir hulle uitstalling. Hierdie is maar net ‘n paar van die fantastiese dinge wat die studente sal ervaar gedurende die opwinde jaar. Terwyl ons na die tweede semester beweeg sal die student meer leer van gevorderde, gespesialiseerde tegnieke wat die student waarlik ‘n professionele fotograaf sal maak. Die student sal slypskole bywoon van die beste fotograwe in die Westelike Kaap en sal ook hoogs toegeruste studios bywoon vir opleiding. Jy sal werkswinkkels voltooi in: mode, medisie, grimering, digitaal, landskappe, studio beligting, ‘packshots’, advertensiewese, voedsel, ‘roomsets’, ‘commercial’, troues en interieur ontwerp. Ons is trots om te sę dat van die min fotografieskole spesialiseer ons in digitalefotografie. Aan die einde van hierdie kursus sal jy ‘n professionele portefeulje hę wat vir jou deure reg oor die węreld sal oopmaak. Wou jy nog altyd die węreld gesien het? Nou kan jy geld verdien terwyl jy toer en onmisbare ondervinding opdoen soos meeste van ons studente werksgeleenthede gekry het op populęre passasiers skepe in die Karibbean. Leria Brink een van ons oud –studente het die afgelope 2 jaar getoer en 50 lande besoek, sy het ook ‘n 98 dae om die węreld toer gedoen en daagliks fotos geneem en ontwikkel. Video Produksie
Die video produksie kursus neem die student op die volle produksieroete van A tot Z. Die basis van bekenstelling van produksie en die elemente van draaiboek, skedules, begroting en filmspan is daarop gemik vir die bekendstelling van video produksie.. Die produksie mik daarop om die student en die hardeware te plaas in die rol as hoof van ‘n filmdepartement op ‘n kommersiële produksie. Nie net sal die student die fondament van die besigheid leer nie maar ook van die minder bekende ‘tips’, ‘tricks’ en ‘cheats’ wat daaglik gebruik word. Die pre-bekendstelling gedeelte van die kursus sal die student in staat stel om as onafhanklike filmmaker op te tree. Die finale oogpunt is om die student die kennis van die algehele produksieproses, hoe om dit te gebruik, en ‘misbruik’ om vir jou te maak werk. Hierdie is ‘n ‘hands-on’ kursus. Die teorie en titorial klasse werk hand aan hand deur opvolg en juxapose met mekaar. Aan die einde van die semester sal die student ‘n indiepte kennis van die produksieproses he, wat uitkomsgebasseerd is sodat hy n voet in die rolprentbedryf kan he.
Grafiese Ontwerp
As jy hou van kreatiewe tekeninge, ontwerp van logos en verpakking, en gefasineerd is deur die węreld van advertensie en bemarking, dan is die beroep vir jou. Die grafiese ontwerp program sluit in eksperimente met verskillende woordverwerkings, ontwerping van maatskappy logos, besigheidskaartjies, produkte en koöperatiewe identiteite, brosjures, plakkate, CD-omslagte, verpakking, bemarkings literatuur vir advertensies, tydskrifte, koerante en vele meer. Jy sal leer van die bemarking van goedere en dienste en informasie, asook die invloed van die publiek se opinie. Jy sal ook leer van die drukwerk en reproduksie industrie. Ontwerp is nie net 2-dimensioneel nie. Bemarkings verpakkings is ‘n belangrik deel van grafiese ontwerp, so ook die punt van verkope. Hierdie is ‘n fondament program in Grafiese Ontwerp en sal jou in staat stel om die basiese elemente en prinsipale van ontwerp te verstaan en toe te pas asook om die taal van ‘n grafiese ontwerper te praat. Om hierdie waardevolle inligting te verwerk sal daar nie gedurende die eerste ses maande met rekenaaropleiding begin word nie.
Program Objektiewe • om jou te leer hoe om kreatiewe idees te skep en dit grafies toe te pas. • om jou te leer hoe om projekte en tyd te reguleer • om jou in staat te stel om ‘n spesifieke boodskap effektief oor te dra deur visuele mediums en hoe om konsepte oor te dra aan kollegas en om jou ‘n wye verskeidenheid van tegnieke vir grafiese ontwerp te leer sodat die industrie jou kan aanstel en jy effektief kan wees vanaf dag een.
Program Struktuur Elke sessie sal bestaan uit ‘n teoretiese en praktiese afdeling. Ons studente werk op realisties projekte gedurende die jaar, spesefiek gemik op die ontwikkeling van kreatiewe en tegniese vaardighede en berei ons hulle voor vir die professionele węreld. Studente besoek advertensie agente, onwerper studios, repro huise en drukkers. Praktiserende Grafiese ontwerpers kom gesels gereeld met ons studente.
Duur van die program 6 maande voltyd: 11 werk sessies van 3 ure elk Beskikbaarheid van Toerusting
Program Inhoud Jou program in Grafiese ontwerp is verdeel en so gestruktureer dat jy 9 afparte studie tye sal hę, elkeen wat ‘n spesifieke area sal dek. Die volgende onderwerpe sal gedek word: • Inleiding to Grafiese Ontwerp • Dink met ‘n visuele visie • Media en tegnieke • Elemente van kuns en reels van ontwerp • Woordverwerkings • Produkte en identiteit • Uitleg ontwerp • Verpakings ontwerp • Plakkaat ontwerp • Druk en reproduksie industrie: besoek praktiserende professionele ontwerpers Toets metodes Deurlopende evaluasie sal gedoen word. Dit kan klastoetse insluit. Praktiese lesse en projekte sal jou help om die basiese tegnieke van Grafiese Ontwerp baas te raak deur woordplasing en visuele stimilasie. Die klasprojekte sal jou in staat stel om ‘n portefuelje saam te stel waarmee jy kan werksgeleenthede losslaan.
back to Sips subjects
|