ENGLISH

n  Afstandonderig

Modelkursus

Aangebied deur

Best Models

(beskikbaar Desember 2008)

 

Charl Best het reeds aan 12 internasionale fotouitstallings deelgeneem en drie rolprente vervaardig. Sy foto’s verskyn in verskeie tydskrifte en koerante. Tans doseer hy ook fotografie en videoproduksie by die Stellenbosch Instituut vir Fotografiese en Multimedia Studies. Charl is ook n bekwame vlieënier en grimeerkunstenaar en staan uit as ‘n top afrigter van modelle en skoonheidskoninginne. Reeds 25 000 voornemende modelle is reeds die afgelope 15 jaar deur hom afgerig.

Algemene Inligting

Deur middel van hierdie unieke en professionele modelkursus kan jy binne 6 maande al die moets en moenies oor die model en fotografie bedryf in jou eie woning voltooi. Die kursus bestaan uit drie afdelings waar elke afdeling op ‘n keer aangestuur en d.m.v. opdragte en projekte voltooi en aan ons teruggestuur moet word. Kursusmateriaal bestaan uit video’s en notas.‘n Persoonlike model/dosent word aan elke student toegewys

Aanbod aan Modelskole

Aangesien streng kopiereg op die notas, video’s en klankbande aan Charl Best behoort en geensins gekopieër, herverkoop of aan groepe mense vertoon mag word nie, kan n spesiale ooreenkoms en ‘n afslag aan modelskole gebied word. Skoliere wat as agente en verkoopspersone deeltyds vir Best Models wil werk, is ook welkom om navraag te doen.

Kursusinhoud

Afdeling A  Afdeling B       Afdeling C
Inleiding   Grimering  Die fotografiese model
Hoe begin ek en selfevaluering Vel- en naelsorg Die verhoog model
Wat benodig ek en vaardighede   Haarstilering Bemarking van 'n model
Tipes modelwerk Klere Afsluiting en eksamenbespreking
Voorbereiding en "know how" vir 'n model Portefeulje en Z-kaart [Opdrag]
[Opdrag] [Opdrag]  

                                                                                                                          

So leer ons jou stap - vir - stap !

Binne ‘n paar dae nadat jy jou registrasievorm aan ons gepos het en ons jou registrasievorm met betaling ontvang het, stuur ons ‘n pakkie aan jou met alles wat nodig is om hierdie kursus kan begin.

Ingesluit is die volgende:

  • Die eerste afdeling van die kursus in volledige notas.
  • Die eerste Best Models " live action " video waar jy die pro`s in aksie kan sien. Sien hoe hulle die tegnieke toepas waaroor jy in die kursus geleer het. Jy kyk, en word gewys hoe om presies dieselfde tegnieke aan te leer wat ons top modelle bo laat uitkom het.

Terselfdetyd ontvang jy jou eerste model projek en opdragte. Dit wat jy in die video en notas geleer het, moet jy dan toepas en op jou eie video opname of foto’s aan ons voorlê vir evaluering. Jou model/dosent gee daarna terugvoering. Terselfdetyd ontvang jy die volgende afdeling wat volg. Op hierdie manier gaan jy op ‘n gemaklike en genotvolle pas deur die drie afdelings van die kursus. Stap-vir-stap vanaf die basiese tot gevorderde tegnieke.

Vir die res van jou lewe is jy deel van die Best Model familie !

Jou setifikaat oorhandiging beteken die einde van die kursus - maar nie die einde van jou verhouding met Best Models nie. Jy hoef nooit weer op jou eie te wees nie. Jy het die versekering dat Best Models altyd daar sal wees om jou te adviseer oor nuwe produkte of style of om dalk as `n model of promotor vir hulle op te tree. Daar word ook gereelde " workshops" na die kursus aangebied en jy sal daarvan in kennis gestel word. Jy kan selfs nou by ons modelklub aansluit en gereeld inligting oor die modelbedryf ontvang. Sien ons NUUSBRIEF vir meer inligting.Jy kan ook op ons Best Model Agentskap se webruimte adverteer vir modelwerk.

Sluit vandag by die Best Model familie aan en registreer nou vir die modelkursus.

P.O. Box 1048
Stellenbosch
7599
Republic of South Africa

Tel: (021) 887-1938/4485

 
Vir meer inligting

home:

Best Models and Promotors

The Best Model Club